Name bekend na noodlottige vliegramp in Pionierspark

Westair het die name van die sterfgevalle in Vrydagmiddag se vliegtuig-ongeluk bekend gemaak. Die twee loodse is Rozanne De Beer-Olivier, 33, en Ruan van Schalkwyk, 24. Die ingenieur was Andre Armand Lubbe, 25. De Beer Olivier het in 2017 by die maatskappy aangesluit met Van Schalkwyk wat verlede jaar daar begin werk het. Lubbe werk sedert 2019 vir Westair. Die maatskappy het weer sy medelye met die families uitgespreek.