VRK: Leeus wen, Haaie verloor

Die Leeus het ‘n opbeurende 35-24-bonuspunt-oorwinning in hulle Verenigde Rugbykampioenskapwedstryd oor Glasgow Warriors in Johannesburg behaal. Die Leeus het alles in die stryd gewerp om ‘n rustydtelling van 24-14 om te skakel in ‘n welverdiende 11-punt oorwinning. In die tweede VRK-wedstryd het Ulster die Haaie geklop in ‘n opwindende kragmeting op Kingspark in Durban. Ulster […]

Read More

Komitee kyk na private landboupraktyke om staatsprojekte te versterk

Die parlementêre komitee oor natuurlike hulpbronne het ‘n weeklange besoek aan die suide van Namibië gehad. Volgens die Swapo-parlementslid, Ephraim Nekongo was hul taak om boerdery-aktiwiteite in die private sektor te vergelyk met dié van plase in staatsbesit, insluitend die groenskemas. Hy sê die doelwit is om die volle potensiaal van staats-landbouprojekte te verbeter en […]

Read More

Eskom borg E-Fees maar kan nie ligte aanhou nie

Terwyl fase vyf-beurtkrag voortduur in Suid-Afrika, sê die groepshoofbestuurder vir verspreiding van Eskom, Monde Bala, die maatskappy posisioneer homself om ‘n belangrike rol te speel in die ontwikkeling van die elektriese mobiliteitsektor in Suid-Afrika. Eskom het hom aangesluit by die lys borge van die buurland se E-Fees met ‘n borgskap van 2.1 miljoen Suid-Afrikaanse rand […]

Read More

EU keur 10de sanskiepakket teen Rusland goed

Die Europese Unie het belowe om druk op Moskou te verhoog “totdat Oekraïne bevry is”, en het ‘n tiende pakket sanksies teen Rusland aanvaar. Die hoof van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê die blok verhoog die druk op diegene wat probeer om EU-sanksies te omseil, en hulle het nou die mees verreikende […]

Read More

Sesnasies: Ierland en Engeland seëvier

Twee Sesnasies-wedstryde is Saterdag afgehandel. Op die Studio Olimpico in Rome het Ierland ‘n steekse Italië onder die knie gekry. In die Principality-stadion in Cardiff, het Engeland se heelagter Freddie Steward met hoë skoppe sy span gehelp om Wallis 20-10 te klop. Wallis se nederlaag kom nadat ‘n krisisvergadering met rugbybase ‘n staking deur die […]

Read More

DBN bied gesubsidieerde lenings vir besigheidsherstel

Die Ontwikkelingsbank van Namibië het aangekondig dat besigheidsherstel-lenings verder gesubsidieer is in reaksie op oproepe deur besighede vir toegang tot bekostigbare krediet. Dit sal nou ‘n 12 maande rentevrye tydperk na die uitbetaling van lenings insluit. Hierdie lenings word deur die Duitse Ontwikkelingsbank, KfW, met sowat 40 miljoen Namibiese dollar ondersteun. Die uitvoerende hoof van […]

Read More

B2: Vier dood in twee ongelukke

Vier mense is dood in twee noodlottige ongelukke op die B2-roete. In die eerste geval het ‘n bakkie wat ‘n sleepwa getrek het omgeslaan ongeveer 20 kilometer vanaf Arandis. Die bestuurder is uit die voertuig gegooi en is op die toneel dood. By Dolfynstrand, was ‘n Polo en ‘n sogenaamde sewe-sitplek voertuig by die afdraai […]

Read More

Vir vrede moet Pole se grense dalk teruggeskuif word – Medvedev

Die voormalige Russiese president, Dmitri Medvedev, sê die enigste manier vir Moskou om ‘n blywende vrede met Oekraïne te verseker, is om die grense van vyandige state so ver moontlik terug te skuif, selfs al beteken dit die grense van die Navo-lid Pole. Medvedev, wat nou adjunkvoorsitter van Rusland se Veiligheidsraad is, sê die sogenaame […]

Read More

Da Costa vat Formule E in sy Porsche

Antonio Felix da Costa van die Porsche Formule E-span het gister geskiedenis gemaak met sy oorwinning in die eerste Kaapstadse e-Prix. Da Costa het in die 11de plek weggespring en geleidelik veld gewen, en in ‘n desperate laaste ronde poging sy voormalige spanmaat Jean-Eric Vergne verbygesteek en die voortou geneem om eerste oor die wenstreep […]

Read More

Instandhoudingswerk bring beurtwater na Noorde

NamWater sal watervoorsiening by Oshakati van 7 to 10 Maart rantsoeneer weens die opgradering van die pompe by die dorp se behandelingsaanleg en verspreidingstelsel. Die maatskappy sê in ‘n kennisgewing vir belanghebbendes en klante in die Oshana-, Ohangwena- en Oshikoto-streke dat beurtwater tussen tien-uur saans tot vyf-uur in die oggend sal voorkom. Dit is nodig […]

Read More