Omgewingsfonds vier 11 jaar

Die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië, die EIF, vier sy 11de bestaansjaar. Met sy breë mandaat om die volhoubare benutting van die land se natuurlike hulpbronne te verseker, asook die regverdige en billike verdeling van voordele, vier die EIF die 11de bestaansjaar met die oog op die verlede terwyl hy vir die toekoms bestuur. Lot Ndamanomhata, korporatiewe kommunikasiebestuurder van die fonds sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle is trots op die prestasies wat oor die jare behaal is, terwyl hulle na die toekoms kyk om meer Namibiërs te bemagtig, veral vroue.