SA-begroting: Eskom se skuld is doring in die vlees

Business Leadership South Africa sê in die lig van beurtkrag wat daagliks grootskaalse vernietiging van die ekonomie veroorsaak, sal die finansminister,  Enoch Godongwana, Woensdag in sy begroting op dié kwessie fokus. Berigte lui dat die minister na verwagting gaan aankondig dat die regering ‘n aansienlike deel van Eskom se skuld van 400 miljard Suid-Afrikaanse rand […]

Read More

Masisi sê hy sal sy rug op De Beers-ooreenkoms draai

Botswana President Mokgweetsi Masisi sê sy regering is bereid om weg te stap van onderhandelinge met De Beers as hy nie tevrede is met die verdeling van inkomste uit diamanthandel nie. Hy sê voortgesette samesprekings met De Beers sal fokus op ‘n groter aandeel vir die land. Botswana maak staat op diamante om 90 persent […]

Read More

Ten Hag is tevrede met sy span se vertoning

Marcus Rashford het sy goeie spel voortgesit en twee doele aangeteken om Manchester United te help om Leicester City met ‘n telling van 3-0 in die Engelse Premierliga te klop. United is nou net drie punte agter Manchester City, wat tweede is op die puntelys. United se bestuurder, Eric ten Hag, was tevrede met hul […]

Read More

Junior dokters moet in diens geneem word by die staat

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het die Gautengse Gesondheidsdepartement se besluit om ongeplaaste mediese gegradueerdes van gemeenskapsdiens vry te stel, gekritiseer. Die departement sê die junior dokters kan elders gaan werk soek sonder dat hulle diens vir die staat verrig het. Die vereniging se voorsitter, Mvuyisi Mzukwa, sê die stap kom te midde van ernstige personeeltekorte […]

Read More

Hout-moratorium effe gelig, binnelandse vervoer weer moontlik

Die Namibiese regering ondersoek op die oomblik die opheffing van ‘n moratorium op die oes van hout sodat gemeenskappe voordeel kan trek uit die natuurlike hulpbron. Omgewingsminister Pohamba Shifeta sê die moratorium wat in 2018 daargestel is, het gelei het tot ’n groot vermindering in ontbossing en onwettige houtkappery. Shifeta sê sy ministerie het ook […]

Read More

SA-varsities moet hul beleggings benut om studente met koshuisfooie te help

Die Suid-Afrikaanse onderwysaktivis Hendrick Makaneta doen ‘n beroep op universiteite om hulle beleggings te gebruik om die verskil tussen die ware koshuisfooie en die nasionale finansiële studentehulpskema se beperkte bedrae te dek. Studente by universiteitskoshuise sal vanjaar ‘n jaarlikse toelaag van 61 500 Suid-Afrikaanse rand ontvang en dié in privaat, geakkrediteerde verblyf weg van die […]

Read More

Kenner gesels oor Rusland se doelwitte na ‘n jaar in die Oekraïne

Dit is byna ‘n jaar gelede wat Rusland die Oekraïne aangeval en dit bloot ‘n inval genoem het. Die Russiese inval op 24 Februarie verlede jaar het intussen tot ‘n volskaalse oorlog geëskaleer. Sedertdien is tienduisende mense aan beide kante dood en Europa het sy tweede grootste vlugtelingkrisis sedert die Tweede Wêreld-oorlog ervaar. Die voormalige […]

Read More

Grondstortings in Brasilië dood 36

Minstens 36 mense, onder wie ‘n sewejarige meisie, is in die deelstaat São Paolo in Brasilië dood nadat stortreën tot oorstromings en grondstortings gelei het. Nagenoeg 566 mense is dakloos gelaat. ’n Noodtoestand is in ses dorpe afgekondig, insluitend São Sebastião wat die swaarste getref is. Groot getalle Christene het die afgelope naweek die Vastyd […]

Read More

Slagplaas: Toneelstuk ondersoek plaasmoorde

Die toneelstuk Slagplaas het in die Suid-Afrikaanse Staatsteater in Pretoria geopen. Die politieke en sielkundige riller verken die omstrede kwessie van plaasmoorde. Die skrywer en regisseur Wilf Carter Mahne sê die toneelstuk vra vrae oor die moorde, mag, gierigheid en politieke kwessies wat die land in die gesig staar. Mahne sê die gesprekke is nodig […]

Read More

Nanso loods vanoggend sy deel van internasionale veldtog vir kinders

Die leierskap van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, sal saam met @100millionnamibia die Justice for Africa-veldtog vanoggend van stapel stuur. Die internasionale veldtog is daarop gemik om jongmense, aktiviste en voorstanders van kinderregte te verenig om gesamentlik op te staan teen die ongeregtighede wat die Afrika-kind in die gesig staar. Dorothea Nangolo, Nanso se woordvoerder […]

Read More