SA-begroting: Eskom se skuld is doring in die vlees

Business Leadership South Africa sê in die lig van beurtkrag wat daagliks grootskaalse vernietiging van die ekonomie veroorsaak, sal die finansminister,  Enoch Godongwana, Woensdag in sy begroting op dié kwessie fokus. Berigte lui dat die minister na verwagting gaan aankondig dat die regering ‘n aansienlike deel van Eskom se skuld van 400 miljard Suid-Afrikaanse rand gaan oorneem. Die uitvoerende hoof van BLSA, Busi Mavuso, sê die markte sal fyn na die begroting luister om te hoor hoeveel die beloofde skuldverligting beloop, watter voorwaardes hy daarvoor gaan stel en hoe hy dit gaan struktureer.