SA-varsities moet hul beleggings benut om studente met koshuisfooie te help

Die Suid-Afrikaanse onderwysaktivis Hendrick Makaneta doen ‘n beroep op universiteite om hulle beleggings te gebruik om die verskil tussen die ware koshuisfooie en die nasionale finansiële studentehulpskema se beperkte bedrae te dek. Studente by universiteitskoshuise sal vanjaar ‘n jaarlikse toelaag van 61 500 Suid-Afrikaanse rand ontvang en dié in privaat, geakkrediteerde verblyf weg van die kampus, 45 000 rand. Makaneta sê universiteite moet ook by die Nasionale Tesourie aansoek doen en die regering versoek om die bedryfskoste van diesel wat kragopwekkers tydens beurtkrag gebruik, oor te neem: