Grondstortings in Brasilië dood 36

Minstens 36 mense, onder wie ‘n sewejarige meisie, is in die deelstaat São Paolo in Brasilië dood nadat stortreën tot oorstromings en grondstortings gelei het. Nagenoeg 566 mense is dakloos gelaat. ’n Noodtoestand is in ses dorpe afgekondig, insluitend São Sebastião wat die swaarste getref is. Groot getalle Christene het die afgelope naweek die Vastyd in aanloop tot Paasfees in die stad deurgebring. Meer as 600 millimeter reën het Sondag in sommige gebiede geval, wat dubbel die gemiddelde maandelikse reënval is.