Hout-moratorium effe gelig, binnelandse vervoer weer moontlik

Die Namibiese regering ondersoek op die oomblik die opheffing van ‘n moratorium op die oes van hout sodat gemeenskappe voordeel kan trek uit die natuurlike hulpbron. Omgewingsminister Pohamba Shifeta sê die moratorium wat in 2018 daargestel is, het gelei het tot ’n groot vermindering in ontbossing en onwettige houtkappery. Shifeta sê sy ministerie het ook bosmonitering en -inspeksieaktiwiteite verskerp om te verseker dat onwettige bedrywighede staak. Op die oomblik is die moratorium net opgehef vir die vervoer van hout binne die landsgrense. Shifeta het bygevoeg dat die moratorium wat plaaslike verwerking vereis het, veroorsaak het dat aanlegte opgerig is en waarde toegevoeg is. Gemeenskapswoude beslaan nou ‘n oppervlakte van 8,7 miljoen hektaar, terwyl nog 16 gemeenskapswoude in die proses van publikasie is.