Modise waarsku teen onttrekking van magte uit DRK

Die Suid-Afrikaanse minister van verdediging en militêre veterane, Thandi Modise, het die belangrikheid beklemtoon van Suid-Afrika se rol om vrede in Afrika te handhaaf. Sy het op die lugmagbasis van Waterkloof gepraat waar die oorskot van Vusi Mabena uit die Demokratiese Republikiek van die Kongo aangekom het. Hy was deel van die Suid-Afrikaanse kontingent van […]

Read More

Gasa begin met bloedskenking vir aardbewing-beseerdes

Mense in Gasa skenk bloed om diegene te help wat beseer is in die aardbewings wat Turkye en Sirië getref het. Die koördineerder van die Al-Amal-stigting vir weeskinders, Naglaa Al-Ghalayini, sê die veldtog vorm deel van ‘n solidariteits-projek wat Palestynse vrywilligers uitvoer. Al-Ghalayini sê die projek is om die idee te vestig dat die Arabiese […]

Read More

Algemene gebruik om afvalwater in mariene-omgewing te stort

Die Suid-Afrikaanse departement van bosbou, visserye en die omgewing sê dit is algemene gebruik in kusstede dwarsoor die wêreld om afvalwater in die mariene-omgewing te stort. In Suid-Afrika word hierdie gebruik ingevolge die Gewysigde Wet op die Nasionale Omgewingsbestuur, die Gewysigde Wet op Geïntegreerde Kusbestuur en die Afvoerpermitregulasies van Kuswaters gewettig. Die woordvoerder van die […]

Read More

Passasiersvoertuie is top-verkopers vir Januarie  

Passasiersvoertuie, wat verantwoordelik was vir 59 persent van eenhede wat in Januarie 2023 in Namibië verkoop is, was die grootste bydraer tot die jaarlikse styging in voertuigverkope, wat in Januarie met 15 persent gestyg het op ‘n jaargrondslag. Dit word gevolg deur ligte handelsvoertuie wat verantwoordelik is vir 37 persent van eenhede wat verkoop is, […]

Read More

EFF vra werkers van SA Poskantoor moet staak

Die EFF vra alle werkers by die Suid-Afrikaanse Poskantoor om deel te wees van sy nasionale stilstand op 20 Maart ter beskerming van hul betrekkings. Dit volg nadat aan die lig gekom het die Poskantoor beplan om 6 000 werkers af te lê. Die woordvoerder van die EFF, Leigh-Ann Mathys, sê hulle lewensbestaan en dié […]

Read More

Gift of the Givers vind oorlewende van aardbewing

Die Suid-Afrikaanse Organisasie, Gift of the Givers-reddingspan werk saam met die Omani-reddingspan om te soek na oorlewendes wat vasgekeer is onder die puin van die aardbewing in Hatay, Turkye. Meer as 35 000 mense is in die aardbewing in Turkye en Sirië dood. Die span van Gift of the Givers kon daarin slaag om met […]

Read More

Oudkaptein van Engelse krieketspan sit sy kolf neer

Krieket: Die voormalige kaptein van Engeland, Eoin Morgan, het sy uittrede uit alle formate van die spel aangekondig. Hy het Engeland aangevoer toe hulle die Wêreldbeker in 2019 gewen het en het in Junie uit die eendagspel getree. Morgan bly Engeland se grootste lopievraat in eendagkrieket en is tweede op die T20-ranglys na die huidige […]

Read More

DA Studente-organisasie vra ondersoek by NWU

Die DA Studente-organisasie by Noordwes Universiteit vra ʼn ondersoek na beweerde rasse-oorwegings op die Potchefstroom-kampus. Dit het skynbaar aanleiding gegee tot die uitsluiting van studente wat privaat woon van die jaarlikse verwelkomingseremonie wat in die amfiteater gehou is. ʼn Woordvoerder van Daso, Bertus Bornman, sê inwoners van privaat blyplekke is laat Vrydagaand in kennis gestel […]

Read More

Geslagsgeweld eis vrou van Walvisbaai

Namibiese vrou, Hester Maria van Zyl, is dood terwyl nog ‘n Namibiese vrou ernstige beserings opgedoen het aan die hand van ‘n Namibiese man by Rooibank in Walvisbaai. Volgens die Namibiese polisie is Van Zyl verskeie kere in haar liggaam en borskas met ‘n mes gesteek toe sy probeer het om die verdagte wat sy […]

Read More

DA loof Tshwane se oudburgemeester

Die DA-leier in Gauteng, Solly Msimanga, het die burgemeester van Tshwane, Randall Williams, geloof oor sy werk om die behoeftes van inwoners eerste te stel in ‘n dikwels onstuimige politieke omgewing. Williams het vandag sy bedanking aangekondig, maar hy sal tot 28 Februarie in sy pos aanbly. Msimanga sê die feit dat hy bereid is […]

Read More