Masisi sê hy sal sy rug op De Beers-ooreenkoms draai

Botswana President Mokgweetsi Masisi sê sy regering is bereid om weg te stap van onderhandelinge met De Beers as hy nie tevrede is met die verdeling van inkomste uit diamanthandel nie. Hy sê voortgesette samesprekings met De Beers sal fokus op ‘n groter aandeel vir die land. Botswana maak staat op diamante om 90 persent van sy uitvoere te genereer. De Beers, ‘n eenheid van Anglo American, en die regering onderhandel sedert 2018 vir ‘n nuwe ooreenkoms wat die verkope van ongeslypte diamante van die wêreld se tweede grootste produsent beheer. Die huidige ooreenkoms het in September 2020 verval, maar is verskeie kere verleng, aanvanklik weens die pandemie.