Magtige Murdaugh skuldig bevind aan moord

‘n Jurie het ‘n voormalige prokureur van Suid-Carolina skuldig bevind aan die moord op sy vrou en seun. Maggie en Paul Murdaugh is in Junie 2021 van naby geskiet naby die hondehokke op die familie-landgoed in Islandton. Die 54-jarige Murdaugh is skuldig bevind op twee aanklagte van moord en twee wapen-verwante klagtes, Hy kan moontlik […]

Read More

KwaZulu-Natal takel oorgrensmisdaad

Die premier van KwaZulu-Natal Nomusa Dube-Ncube sê oorgrens-misdaad is ‘n groot probleem en dit kry oral dringend aandag. Sy het tydens ‘n ontmoeting met tradisionele leiers terugvoer gegee oor die uitslag van die provinsiale uitvoerende raad se vergadering. Dube-Ncube sê nog operasies sal die skuilplekke van misdaad-sindikate en hul hanteerders teiken. Die projek begin Sondag […]

Read More

Profile Namibia gee standpunt oor selfdegeslag-huwelike

Die verhoor oor selfdegeslag-huwelike in Namibië vind vanoggend in die hooggeregshof plaas. Selfdegeslag-huwelike word nie in die land erken nie. Alhoewel die Windhoekse hoërhof op 20 Januarie 2022 in beginsel ooreengekom het dat die ongelykhede wat selfdegeslag-paartjies ervaar, onaanvaarbaar is, het dit toe beslis dat dit gebonde is aan ‘n 2001 hooggeregshofsaak dat Namibiese wette […]

Read More

Skending van persoonlike data neem toe

Die Inligtings-reguleerder in die buurland waarsku dat skending van persoonlike inligtingsdata algemeen geword het. Dit volg nadat ‘n man wat daaraan skuldig bevind is dat hy miljoene mense se persoonlike data probeer verkoop het, nou vermis word nadat hy borgtog toegestaan is. Karabo Phungula het ongeveer 27 miljoen persoonlike datarekords en 750 000 sakerekords van […]

Read More

Trump kan aanspreeklik gehou word vir leed ná aanval op Kongresgebou

Die Amerikaanse departement van justisie sê oudpresident Donald Trump kan aanspreeklik gehou word vir fisieke en sielkundige leed na die aanval op die Kongresgebou op 6 Januarie 2021. Dit volg nadat ‘n appèlhof die regering gevra het om sy standpunt te verduidelik terwyl hy oorweeg of Trump binne die amp van president opgetree het toe […]

Read More

Gholf: Jon Rahm loop voor in Florida

Gholf: Die wêreld se nommer een, Jon Rahm, het ‘n sewe-onder-baansyfer 65 behaal en loop met twee houe voor na die eerste ronde van die Arnold Palmer-uitnodigingstoernooi in Bay Hill in Florida. Die Amerikaanse trio, Kurt Kitayama, Chris Kirk en Cameron Young is twee houe agter die Spanjaard. Die verdedigende kampioen, Scottie Scheffler, is vyfde […]

Read More

Wêreld-biddag vir Vroue môre in Khomasdal herdenk

Die Raad van Kerke in Namibië die herdenk môre Wêreld-biddag vir Vroue. Christenvroue, -mans en -kinders kom elke jaar op die eerste Vrydag van Maart vir ‘n gebedsdag byeen, maar Namibiërs bied die geleentheid môre aan. Alle denominasies word genooi om hierdie geleentheid by die Jennifer Moetie-bediening in Khomasdal om twee-uur die middag by te […]

Read More

Arbeidsondersoek na vulstasie-werkers in ‘slaanspeletjie’

Die Windhoekse regsfirma Metcalfe Beukes Attorneys het namens Micke du Preez, eienaar van die Kavango-vulstasie op Rundu, ‘n brief aan arbeidsminister Utoni Nujoma geskryf dat Du Preez homself tydelik geskors het vir 14 dae. Alle werknemers wat by die berugte ‘slaanspeletjie’ betrokke was, sal ook vir 14 dae met volle betaling geskors word. ‘n Arbeidskonsultant […]

Read More

Afname in SA werkloosheid verwelkom

Die minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Mondli Gungubele, sê die kabinet verwelkom Statistiek SA se kwartaallikse arbeidsmag-oorsig vir die vierde kwartaal van 2022 wat ‘n effense afname toon in die werkloosheidkoers. Die amptelike koers het afgeneem met 0,2 persent, van 32,9 tot 32,7 persent. Gungubele sê ‘n beroep word op alle sektore van die samelewing […]

Read More

Dodetal van Griekse treinbotsing styg na 57

Die dodetal na die treinongeluk in Griekeland het tot 57 gestyg. ‘n Passasierstrein met 350 mense aan boord het teen ‘n vragtrein gebots nadat hulle op dieselfde spoor beland het. Die voorste waens het tydens die botsing aan die brand geslaan. Spoorwegwerkers reg deur Griekeland neem aan ‘n staking deel. Die minister van vervoer Kostas […]

Read More