Nanso loods vanoggend sy deel van internasionale veldtog vir kinders

Die leierskap van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, sal saam met @100millionnamibia die Justice for Africa-veldtog vanoggend van stapel stuur. Die internasionale veldtog is daarop gemik om jongmense, aktiviste en voorstanders van kinderregte te verenig om gesamentlik op te staan teen die ongeregtighede wat die Afrika-kind in die gesig staar. Dorothea Nangolo, Nanso se woordvoerder het meer.