Kenner gesels oor Rusland se doelwitte na ‘n jaar in die Oekraïne

Dit is byna ‘n jaar gelede wat Rusland die Oekraïne aangeval en dit bloot ‘n inval genoem het. Die Russiese inval op 24 Februarie verlede jaar het intussen tot ‘n volskaalse oorlog geëskaleer. Sedertdien is tienduisende mense aan beide kante dood en Europa het sy tweede grootste vlugtelingkrisis sedert die Tweede Wêreld-oorlog ervaar. Die voormalige hoof van die Namibiese weermag, generaal Martin Shali gesels oor of Rusland sy doelwit in een jaar bereik het.