PetroSA beplan gasaangedrewe kragsaanlegte

PetroSA beplan ʼn netwerk van gasaangedrewe kragsaanlegte. Die petroleum-, olie- en gaskorporasie glo die plan sal 180-megawatt krag opwek en in die nasionale netwerk invoer. Die uitvoerende hoof, Sandisiwe Ncemane, sê ʼn aansoek om ʼn gashandellisensie is in Januarie ingedien. Sy bevestig ander ooreenkomste word beding om die proses te vergemaklik:

Read More

Nog ‘n taxi-vereniging verwerp EFF-opstand

Die Nasionale Taxi-alliansie in Suid-Afrika het ook, nes Santaco, bevestig nie een van sy lede sal aan Maandag se beplande nasionale stilstand deelneem nie. Die alliansie verseker die publiek sy lede regoor die land sal ten volle aan diens wees. Die aankondiging volg nadat die EFF-leier, Julius Malema, ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen het […]

Read More

Krylov en Engelbrecht vandag gevonnis

Die Rus Alexander Krylov en die Namibiër Anna Engelbrecht word vanoggend in die hoërhof gevonnis na hulle in Februarie skuld bevind is aanklagte van verkragting en mensehandel. Regter Claudia Claasen het Krylov skuldig bevind op tien aanklagte van verkragting en tien aanklagte van mensehandel, asook ‘n aanklag van die verskaffing van sigarette aan kinders onder die ouderdom van 18. Sy het Engelbrecht skuldig bevind […]

Read More

Swapo-jeug en top-posisies bly in die nuus

Die vereistes van die Swapo-party om in top-posisies te dien was onlangs weer in die nuus. Ten minste vyf jaar se diens aan die sentrale komitee is nodig om tot die politburo verkies te word en sommige partylede meen die bepaling, saam met ander, verhoed jonger partylede om in senior posisies te dien. Kosmos 94.1 Nuus het […]

Read More

Eskom se opwekkingsvermoë verbeter

Eskom sê daar was geleidelike, merkbare verbeterings in sy kragopwekkingsvloot. Hy sê die afgelope week het ses van sy steenkoolkragstasies ‘n beskikbaarheidsvlak van 70 persent bereik. Dit het laas in Mei verlede jaar gebeur. Eskom se tussentydse woordvoerder, Daphne Mokwena, sê drie kragstasies, Camden, Duvha en Matla in Mpumalanga, is besig om volhoubaar te verbeter en raak minder gereeld onklaar. ‘n Aantal kragstasies wat […]

Read More

Daar is ‘n moontlikheid dat Poolse vrou Maddie McCann is

’n Poolse vrou, die 21-jarige Julia Faustyna, wat beweer dat sy die vermiste Madeleine McCann is, het DNS-monsters ingedien wat sal vasstel of sy die vermiste Britse meisie is wat in 2007 in Portugal uit haar hotelkamer verdwyn het. Internasionale media het onthul dat daar tans bewyse is wat duidelik wys dat Julia “beslis na Pole verhandel” […]

Read More

SAPD se gereedheid vir Maandag word vandag ondersoek

Die buurland se Nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, ondersoek vandag die gereedheidstatus van die polisie in Gauteng. Dit word gedoen met die oog op die EFF se beplande betoging om die land Maandag tot stilstand te dwing. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe, sê die intelligensiegemeenskap deur middel van die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur hou die situasie en gepaardgaande risiko’s fyn dop: 

Read More

Die grootte van die staatsdiens weer in die nuus

Dit wil voorkom asof President Hage Geingob ‘n ommekeer gemaak het op sy standpunt dat die hoeveelheid staatsamptenare verminder moet word. Hy het in sy staatsrede aangekondig dat daar 1 500 meer soldate, 1 000 nuwe polisielede en 300 tronkbewaarders aangestel moet word. Daar is ook 200 miljoen Namibiese dollar begroot vir die aanstelling van onderwysers. Die […]

Read More

Getal leë eiendomme in SA neem toe

‘n Onlangse studie deur die TPN Kredietburo dui op ‘n vermeerdering in die aantal leë wooneiendomme in verskeie provinsies in Suid-Afrika. Die verkope- en bemarkingsbestuurder, Waldo Marcus, sê dit was in die derde kwartaal van 2022 op 6,92 persent en het in die vierde kwartaal tot 8,13 persent toegeneem. Hy sê die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal gaan voort […]

Read More

Oekraïnse kinders in Rusland is oorlog misdaad

Die Verenigde Nasies se kommissie van ondersoek na Oekraïne het bewyse gevind dat duisende Oekraïnse kinders na Rusland geneem is. Sowat 16 220 kinders is met geweld na Moskou geneem. VN-ondersoekers het bevind dit was veronderstel om tydelik te wees, maar die meeste is reeds lank in Rusland en talle struikelblokke keer dat ouers en […]

Read More