Swapo-jeug en top-posisies bly in die nuus

Die vereistes van die Swapo-party om in top-posisies te dien was onlangs weer in die nuus. Ten minste vyf jaar se diens aan die sentrale komitee is nodig om tot die politburo verkies te word en sommige partylede meen die bepaling, saam met ander, verhoed jonger partylede om in senior posisies te dien. Kosmos 94.1 Nuus het met die sekretaris van die Swapo-jeugliga Ephraim Nekongo gesels oor die vereistes.