SAPD se gereedheid vir Maandag word vandag ondersoek

Die buurland se Nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, ondersoek vandag die gereedheidstatus van die polisie in Gauteng. Dit word gedoen met die oog op die EFF se beplande betoging om die land Maandag tot stilstand te dwing. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe, sê die intelligensiegemeenskap deur middel van die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur hou die situasie en gepaardgaande risiko’s fyn dop: