Sioka sien LGBT-moorde in verklaring oor

Die minister van geslagsgelykheid, Doreen Sioka, het in ‘n verklaring die geweld teen vroue en kinders skerp veroordeel. Sy sê die dood van Delia Maasdorp, wat blykbaar genadeloos in haar eie huis vermoor is, en die ontstellende ontdekking van ‘n baba in die verlate duine van Walvisbaai, beklemtoon die dringende noodsaaklikheid om die mees kwesbare lede van die samelewing te beskerm. Sioka het ‘n beroep op lede van die publiek gedoen om waaksaam te wees en enige verdagte aktiwiteite of tekens van geweld onmiddellik by die owerhede aan te meld. Sy het geen melding gemaak van die jongste moord van die 30-jarige Christof Fredricks, ‘n transgender-vrou, een van ses moorde van die LGBT-gemeenskap nie.