Oekraïnse kinders in Rusland is oorlog misdaad

Die Verenigde Nasies se kommissie van ondersoek na Oekraïne het bewyse gevind dat duisende Oekraïnse kinders na Rusland geneem is. Sowat 16 220 kinders is met geweld na Moskou geneem. VN-ondersoekers het bevind dit was veronderstel om tydelik te wees, maar die meeste is reeds lank in Rusland en talle struikelblokke keer dat ouers en kinders kontak maak. Die kommissie sê die gedwonge deportasie van Oekraïnse kinders skend die internasionale humanitêre wet en kom neer op ‘n oorlogsmisdaad.