Daar is ‘n moontlikheid dat Poolse vrou Maddie McCann is

’n Poolse vrou, die 21-jarige Julia Faustyna, wat beweer dat sy die vermiste Madeleine McCann is, het DNS-monsters ingedien wat sal vasstel of sy die vermiste Britse meisie is wat in 2007 in Portugal uit haar hotelkamer verdwyn het. Internasionale media het onthul dat daar tans bewyse is wat duidelik wys dat Julia “beslis na Pole verhandel” is. Sy het nie bestaan totdat sy vyf was nie. Julia se aansprake word ondersoek deur die privaatspeurder en selferkende medium dr. Fia Johansson. Johansson voer verder aan dat Julia “beslis nie die biologiese dogter van haar ouers in Pole is nie.” Haar ouers in Pole het dit duidelik gemaak dat hulle nie tot bloedtoetse sal instem nie. Daar is vroeër berig dat daar ook glo geen teken is van haar regte geboortesertifikaat of foto’s van toe sy gebore is nie. Johansson is welbekend in die VSA, en het in die verlede Amerikaanse polisiebeamptes gehelp in gevalle van vermiste persone.