Die grootte van die staatsdiens weer in die nuus

Dit wil voorkom asof President Hage Geingob ‘n ommekeer gemaak het op sy standpunt dat die hoeveelheid staatsamptenare verminder moet word. Hy het in sy staatsrede aangekondig dat daar 1 500 meer soldate, 1 000 nuwe polisielede en 300 tronkbewaarders aangestel moet word. Daar is ook 200 miljoen Namibiese dollar begroot vir die aanstelling van onderwysers. Die aankondiging kom na die finansminister Ipumbu Shiimi ook sy kommer oor die staatsdiens, en die koste daarvan, uitgespreek het. Hy het onlangs ook sy kommer oor die impak van ‘n kleiner staatsdiens op die Staatsinstellings Pensioenfonds uitgespreek. Die fonds het reeds ‘n 2,4 persent daling in aktiewe lede aangeteken en hierdie neiging kan vererger word deur die voorstelle om die grootte van die regering se arbeidsmag te verminder. Shiimi meen dat die situasie daartoe kan lei dat die fonds ‘n tekort ervaar.