Raab sê hulle sal polisie-oorsigverslag verwelkom

Die adjunk Britse premier Dominic Raab sê die regering verwelkom die komende verslag oor ongerymdhede oor die Metro-polisie. Daar is talle klagtes van lede van die publiek, veral vroue, en vertroue in die mag daal. Raab sê die regering soek ‘n verbetering in die polisie se prestasie. 

Read More

Of Ierland of Frankryk sal Grand Slam vat 

Ierland en Frankryk gaan sake om die titel uitspook in hierdie naweek se finale ronde van die Sesnasiesreeks. Ierland is tans bo-aan die punteleer met 19 punte en Frankryk is in die tweede plek met 15. Die onoorwonne Iere speel môreaand in Dublin teen die gewonde Engelse en kan die Grand Slam verower indien hulle die besoekers verslaan. Les Blues […]

Read More

Amper 2 000 bestuurders in staatsdiens sonder kwalifikasies – DA

Die DA het die besluit van die Staatsdienskommissie om inligting wat hy van die Departement van Staatsdiens en Administrasie ontvang het te ondersoek, verwelkom. Die inligting wys daar is tans 1 823 senior bestuurders sonder kwalifikasies in die staatsdiens. Die meeste van hierdie bestuurders, 1 076, is in provinsiale departemente en 756 in diens van […]

Read More

Koper-kabeldiefstal raak groot kopseer vir kragverspreiders

Koperkabel-diefstal het ‘n groot uitdaging in Namibië geword. Diewe steel toenemend kabels om koperdraad in die hande te kry. Die kragverspreiders in Namibië word toenemend met dié probleem gekonfronteer wat dit moeiliker en duurder maak om krag te voorsien. Die styging in die koperprys laat koperkabel-diefstal toeneem. Hulle pleit by lede van die publiek om […]

Read More

Bouplanne vir Windhoek styg met 111%

Die Stad Windhoek het 167 bouplanne in Februarie goedgekeur, ‘n maandelikse toename van 111,4 persent toename vanaf Januarie se 79 goedkeurings. Die goedgekeurde bouplanne is gewaardeer op 72,7 miljoen Namibiese dollar, ‘n 229 persent maandelikse verhoging vanaf Januarie se treurige 22,1 miljoen dollar. Altesaam 37 nuwe woon-eenhede ter waarde van 23,5 miljoen is in Februarie […]

Read More

SA se kragkostes styg op 1 April met amper 19%

Verbruikers in die buurland moet gereed maak vir hoër elektrisiteitspryse nadat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika ‘n tariefverhoging van 18,65 persent vir die 2023/2024-boekjaar aan Eskom toegestaan het. Dit tree op die eerste van volgende maand in werking. Munisipaliteite se verhoging van 18,49 persent word op 1 Julie van krag. Die instelling van die tariefverhoging volgende maand […]

Read More

PetroSA beplan gasaangedrewe kragsaanlegte

PetroSA beplan ʼn netwerk van gasaangedrewe kragsaanlegte. Die petroleum-, olie- en gaskorporasie glo die plan sal 180-megawatt krag opwek en in die nasionale netwerk invoer. Die uitvoerende hoof, Sandisiwe Ncemane, sê ʼn aansoek om ʼn gashandellisensie is in Januarie ingedien. Sy bevestig ander ooreenkomste word beding om die proses te vergemaklik:

Read More

Nog ‘n taxi-vereniging verwerp EFF-opstand

Die Nasionale Taxi-alliansie in Suid-Afrika het ook, nes Santaco, bevestig nie een van sy lede sal aan Maandag se beplande nasionale stilstand deelneem nie. Die alliansie verseker die publiek sy lede regoor die land sal ten volle aan diens wees. Die aankondiging volg nadat die EFF-leier, Julius Malema, ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen het […]

Read More

Krylov en Engelbrecht vandag gevonnis

Die Rus Alexander Krylov en die Namibiër Anna Engelbrecht word vanoggend in die hoërhof gevonnis na hulle in Februarie skuld bevind is aanklagte van verkragting en mensehandel. Regter Claudia Claasen het Krylov skuldig bevind op tien aanklagte van verkragting en tien aanklagte van mensehandel, asook ‘n aanklag van die verskaffing van sigarette aan kinders onder die ouderdom van 18. Sy het Engelbrecht skuldig bevind […]

Read More

Swapo-jeug en top-posisies bly in die nuus

Die vereistes van die Swapo-party om in top-posisies te dien was onlangs weer in die nuus. Ten minste vyf jaar se diens aan die sentrale komitee is nodig om tot die politburo verkies te word en sommige partylede meen die bepaling, saam met ander, verhoed jonger partylede om in senior posisies te dien. Kosmos 94.1 Nuus het […]

Read More