Pensioenaris, 82, doodgeslaan, beroof

Die polisie in Windhoek het meer besonderhede bekend gemaak oor die roof en moord van ‘n 82-jarige vrou in haar huis in Kramersdorf in Swakopmund. ‘n Elektrisiën wat werk vir haar sou doen het vanoggend by haar huis aangekom en kon geen antwoord kry nie. Hy het haar dogter ontbied. Inspekteur Elifas Kuwinga, Woordvoerder van […]

Read More

LP’s vra vir verpligte berading vir geslagsgeweld slagoffers

Lede van die Nasionale Vergadering het gevra dat verpligte berading en ondersteuning aan slagoffers van geslagsgeweld ingestel word. Verskeie lede van die parlement het ingstem en meen dat dit die siklus van geweld in die Namibiese samelewing sal aanspreek. Volgens Maureen Hinda, ‘n Swapo-lid, is geslagsgeweld wel ‘n siklus en trauma lei tot meer geweld. […]

Read More

Vakbond sê ‘sommeliers’ moet voorkeur kry vir inenting

Franse professionele fynproewers van wyn staar volgens internasionale nuusagentskappe ‘n onsekere toekoms in die gesig as gevolg van Covid. Talle het volgens Reuters hulle smaak- en reuk-sintuie verloor met die virus en kan dus geensins ‘n lewe maak nie. ‘n Franse vakbond vir wynproewers het ‘n beroep op die Franse regering gedoen om hulle te […]

Read More

Namibië het selektiewe moraliteit

Ndiilo Nthengwe, ‘n Gemeenskapsaktivis in Namibië en ook ‘n SAOG Jeug Parlementslid, sê Namibië het selektiewe moraliteit en dit word so toegepas, veral in die geval van die regte van LGBTQ gemeenskap. Volgens haar is homofobie en patriargie van die grootste uitdagings.

Read More

Plaagdoder is baie toksies

Meer inligting is bekend oor die toksisiteit van die insekdoder wat tans gebruik word om die sprinkaanplaag te beheer. Die Namibiese Ministerie van Landbou het vroeër bekend gemaak dat die plaagdoder baie giftig is en dat diere vir 21 dae na besproeiing nie in die gebied toegelaat word nie. Simon Nghipandulwa van die ministerie en […]

Read More

Chinese in SA staar 160 klagte van mensehandel in die gesig

Die verhoor van sewe Chinese burgers wat van mensehandel en oortreding van Suid-Afrika se arbeidswette aangekla word, is in die Hooggeregshof in Johannesburg uitgestel omdat Mandarynse tolke nie beskikbaar was nie. Hulle sal weer Donderdag in die hof verskyn op 160 aanklagte. Ses van die beskuldigdes is uit op borgtog terwyl een wat probeer het […]

Read More

Vermeende Kaapse brandstigter in die hof

‘n Man sal vandag in die Landdroshof in Kaapstad verskyn op ‘n aanklag van brandstigting nadat hy na bewering ‘n vuur onbewaak gelaat het in die Tafelberg Nasionale Park. Dit het gelei tot hierdie week se verwoestende brande. Die brand is nou grotendeels onder beheer en brandbestrydingspogings is op Deer Park en die Disapark-torings in […]

Read More

Volledige inligting oor BBP-man en fietsongeluk

Meer inligting is bekend oor die noodlottige ongeluk op die Westelike Verbypad naby Katutura. Die ongeluk het net na 12-uur gisteroggend plaasgevind toe ‘n lid van die BBP Direktoraat, wat op pad was om aan te sluit by die motorkade van die president, het ‘n voetganger getref. Die voetganger is oorlede op die toneel en […]

Read More

Bedrieër in hof aan die kus

‘n 36-jarige man is in Walvisbaai in hegtenis geneem op klagte van afpersing en homself onwettig voordoen as ‘n polisiebeampte. Luidens berigte het die verdagte tussen Maart en April vanjaar Angolese burgers met deportasie gedreig. Die mans het volgens die polisie lugtyd op die straat verkoop en die verdagte het geld en lugtyd by hulle […]

Read More

Cheetahs maak vir eers slaggate toe

Cheetahs-rugbyspelers het hulle moordende oefen-skedule ‘n bietjie opsy geskuif om deel te neem aan die Cheetahs vir Verandering-skoonmaakveldtog wat Hoofafrigter Hawies Fourie van stapel gestuur het. Die spelers het by AfriForum aangesluit om slaggate in Mangaung in die Vrystaat te vul en het 550 kilogram teer gebruik om paaie in Gardenia-park te herstel. Hulle het […]

Read More