SA-onderwys kritiseer kritiek teen hom

Die Suid-Afrikaanse onderwysdepartement het ‘n verslag deur die Centre for Development and Enterprise oor die stand van Suid-Afrika se onderwysstelsel gekritiseer. Die verslag meld dat onderprestasie in leeruitkomste deur leerlinge, swak onderwysers-opleiding en -ondersteuning, en ongebreidelde korrupsie ván die redes is agter die land se swak onderwysstelsel. Die departementswoordvoerder, Elijah Mhlanga, sê die bevindings is ‘n herhaling van ou inligting: 

Read More

Booys bly agter tralies, DNS verbind hom aan verkragting

Die omstrede oud-raadslid van die Otjozondjupa-streek, Steve ‘Biko’ Booys bly agter tralies. Hy het die week ‘n borgaansoek in die Windhoek-streekshof gebring wat van die hand gewys is. Hy is, sedert sy inhegtenisname op 2 Februarie 2021 op aanklagte van verkragting en/of bloedskande, in aanhouding nadat borg ook vroeër geweier is. Landdros Victor Nyazo sê daar is DNS wat hom aan die […]

Read More

Wes-Kaap wek self 1 000 megawatt op

Die Wes-Kaapse premier Alan Winde sê deur die provinsiale munisipale energie-veerkragtigheidsinisiatief is 558 megawatt elektrisiteit in 2020 opgewek en vanjaar is 1 008 megawatt aan Eskom- en munisipale netwerke oorgedra. ‘n DA-woordvoerder, Christopher Fry, sê hierdie opwekking is die gevolg van laekoolstofopwekking soos son- en windenergie: 

Read More

Baie vrae oor sterftes van migrante in Mexiko

Mexikaanse amptenare ondersoek die 39 sterftes by ‘n aanhoudingsentrum vir migrante as moord en sê werkers het mense nie toegelaat om te ontsnap nie. Volgens Amerikaanse media, het ‘n video aan die lig gekom wat wys die migrante was vasgekeer toe die brand Maandag uitgebreek het. Daar kan gesien word hoe figure in uniform by die sentrum van die vuur af […]

Read More

Charles kuier in Duitsland, onthou wors en bier

Koning Charles en die koningin-gemaal Camilla is in Duitsland op wat die koning se eerste amptelike staatsbesoek is. Terwyl hy melding gemaak het oor die noue bande tussen die twee lande, en ook gepraat het oor ondersteuning vir die Oekraïne het hy ook vir Duitse President Frank-Walter Steinmeier gesê hy onthou die wors en die bier, tydens ‘n vorige […]

Read More

Aktetas-tenderpreneurs het bygedra tot jeugwerkloosheid

Jeugwerkloosheid in Namibië bly in die nuus, veral met politieke aktiviste wat nog steeds agter tralies is nadat hulle op Onafhanklikheidsdag tydens ‘n betoging oor die kwessie gearresteer is. Tenders aan sogenaamde aktetas-tenderpreneurs word gereeld vir werkloosheid blameer omdat individue ryk word op die rug van openbare fondse. Die amptelike opposisieparty, die PDM, se skaduminister van finansies, Nico Smit, sê aan […]

Read More

Comalie-sage: Alweendo het ook vrae

Plaaslike media berig dat die minister van myne en energie, Tom Alweendo, sê verskeie feite oor die inhegtenisname van die Namcor-raadsvoorsitter, Jennifer Comalie, moet eers uitgeklaar word voor kommentaar gelewer kan word. Hy sê vrae soos hoe het die dwelms in Comalie se voertuig gekom en hoe het die polisie daarvan uitgevind, is belangrik. Alweendo […]

Read More

Agribank het ook kommer oor landbousektor

Agribank voorsien uitdagende tye vir die Namibiese landbousektor met ondernormale reënval wat oor die meeste dele van die land in die reënseisoen voorgekom het. Lae tot geen reënval is in meeste streke aangeteken en daar heers groot kommer oor lae oes-opbrengste, asook ‘n afname in veeproduksie. Kosmos 94.1 Nuus het met Erastus Ngaruka die tegniese […]

Read More

Lesotho bespreek moontlike eise vir gebiede in SA

Lesotho se parlement het die moontlikheid bespreek om groot gebiede van Suid-Afrika terug te eis. Die mosie het ten doel om die Vrystaatse provinsie en dele van vier ander streke as deel van die klein bergkoninkryk te verklaar. Die betwiste streke is geskiedkundig deur die Basothos bewoon, wat ‘n groot meerderheid in Lesotho verteenwoordig. Die […]

Read More

Dagga-aktivis reageer op SA-stappe om dagga-wette te bespoedig

Reaksie word ontvang op die nuus dat die ANC-regering beoog om die kommersialisering van die hennep- en dagga-bedryf te bespoedig, wat weens wetgewingskwessies vertraag is. Die bedryf het die potensiaal om meer as 130 000 werksgeleenthede te skep en armoede te verlig. Om die proses te bespoedig, word die regering aangemoedig om werksgroepe vir ‘n […]

Read More