Nog ‘n taxi-vereniging verwerp EFF-opstand

Die Nasionale Taxi-alliansie in Suid-Afrika het ook, nes Santaco, bevestig nie een van sy lede sal aan Maandag se beplande nasionale stilstand deelneem nie. Die alliansie verseker die publiek sy lede regoor die land sal ten volle aan diens wees. Die aankondiging volg nadat die EFF-leier, Julius Malema, ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen het om aan te sluit by die stilstand wat deur die party gereël is. Die woordvoerder, Theo Malele, sê hulle respekteer die reg om te staak, maar verwag dat die optoggangers ook hul keuse sal respekteer om hulle te weerhou van die staking: