Nederlandse Navorsingsraad gee N$67,7 miljoen vir teleskoop-projek by Gamsberg

Die Nederlandse Navorsingsraad het ‘n toekenning van sowat 69,7 miljoen Namibiese dollar gegee aan ‘n Nederlandse span, saam met Britse, Finse en Namibiese sterrekundiges, wat die eerste kleurfoto’s van swart gate of gravitasiekolke in die ruimte moontlik sal maak. Die sterrekundiges sal die eerste millimetergolf-radioteleskoop in Namibië bou. Dit sal deel wees van die wêreldwye […]

Read More

Lede van stropery-sindikaat bly in aanhouding    

Die vier beskuldigdes wat van voorneme was om renoster te naby Dordabis te stroop, het vandag in die Windhoek-landdroshof verskyn. Die saak van die drie Namibiese mans en een Zambiër is tot Vrydag uitgestel om ‘n Silozi-tolk te kry. Die 44-jarige Swenyeho Sililo, die 42-jarige Eric Kalunda, 46-jarige Matongo Sambi en 57-jarige Zambiër Lutile Nyambe […]

Read More

Borstlap bly onder verdowing in Millpark-hospitaal

Die gaan nie goed met bekende sakeman van Otjiwarongo, Theo Borstlap na hy met 68 persent brandwonde na die Millpark-hospitaal in Johannesburg vervoer is nie. Hy was Maandagaand in die teater, sy toestand bly kritiek en hy bly onder verdowing. Volgens sy familie is die dokters optimisties. Sy skoonseun Jacques Celliers gee die jongste in […]

Read More

China neem finansiering van Oos-Afrikaanse Ru-olie-pylynprojek oor

China Petroleum Pipeline Engineering en die China National Offshore Oil Corporation het die finansiering van die Oos-Afrikaanse Ru-olie-pyplynprojek oorgeneem. Groot finansiers, insluitende Standard Chartered Bank, se fonds van 91 miljard Namibiese dollar het onder druk van omgewingsgroepe onttrek. Betogers beweer die projek kan jaarliks sewe keer meer koolstofvrystellings produseer. Intussen werk TotalEnergies daaraan om die […]

Read More

Sokker: Real Madrid pak Man City vanaand

Sokker: Die halfeindronde van die Kampioeneliga begin vanaand met die eerste skof van ʼn swaargewig-botsing in Spanje tussen die verdedigende kampioen, Real Madrid, en Manchester City. City het verlede jaar in die 90ste minuut van die tweede skof van die halfeindronde 5-3 voorgeloop, maar Real het ongelooflik teruggeveg en gewen. City se bestuurder, Pep Guardiola, […]

Read More

Leefstyl-oudits van 34 Eskom-personeellede uitgevoer

Eskom se private ondersoeke word onder die loep geneem terwyl owerhede verantwoording vereis. Verskeie wetstoepassingsagentskappe bring die parlement se staande komitee oor openbare ekeninge op die hoogte oor bewerings van korrupsie by die kragvoorsiener. Die Spesiale Ondersoekeenheid bekyk nuwe bewerings wat voortspruit uit die verslag van die staatskapings-kommissie en ‘n proklamasie is onderweg. Die hoof […]

Read More

Konstruksiebedryf-federasie ontevrede oor Karibib-Usakos-pad-tender

Reaksie word van die Konstruksiebedryf-federasie van Namibië ontvang, na aanleiding van die nuus dat die Namibiese Pad-owerheid die vooraf-kwalifikasie-proses vir die rehabilitasie van TH 7/1-roete van Usakos na Karibib suksesvol uitgevoer het met sewe bieërs wat gekwalifiseer het. Maar al sewe is Chinese maatskappye wat hewige kritiek ontvang het. Die uitvoerende hoof van die Pad-owerheid […]

Read More

Botswana herwin posisie as top-uitvoermark van Namibië

Namibië se top-vyf uitvoermarkte vir Maart verteenwoordig 60,8 persent van die totale uitvoer, volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se handelsbulletin vir Maart. Botswana het as Namibië se top-uitvoerbestemming na vore getree met ‘n aandeel van 21,1 persent, terwyl Suid-Afrika tweede gekom het met 16,7 persent en Frankryk in die derde plek met 9 persent. Zambië met […]

Read More

Agbiz: Ses miljoen Suid-Afrikaners ly honger

Die hoof-ekonoom van Agbiz, Wandile Sihlobo, sê ongeveer ses miljoen Suid-Afrikaners ly honger. Dit word  toegeskryf aan die stygende voedsel-inflasiekoers. Sihlobo het gesê ondanks die verbeterde uitvoerkoers ten opsigte van waarde, kan die meeste Suid-Afrikaners nie kos op die tafel sit nie. Hy verduidelik verskeie uitdagings dra by tot die probleem, insluitend ontwrigtings in die […]

Read More

Oudpremier van Pakistan weer gearresteer

Lede van ‘n paramilitêre mag in Pakistan het die voormalige eerste minister, Imran Khan by die hooggeregshof in Islamabad in hegtenis geneem. Sy gesant het bevestig dat dit verband hou met ‘n saak van korrupsie. Die oud-krieketkaptein Khan is in April verlede jaar in ‘n wantrouemosie in die parlement uitgestem, onder andere oor hoë inflasie, […]

Read More