Bates van US$80m ter sprake in Mugabe-dogter, 33, se egskeiding

Die egskeiding van die dogter van Zimbabwe se ontslape leier Robert Mugabe het die massiewe rykdom wat deur die oudpresident se familie versamel is blootgelê, met hofstukke wat eiendomme ter waarde van byna 80 miljoen Amerikaanse dollar lys. Die 33-jarige Bona Mugabe het vroeër vanjaar vir ‘n egskeiding van haar man van nege jaar, Simbarashe […]

Read More

Kroning kos belastingbetaler 100 miljoen pond

Buckingham-paleis het nie ‘n amptelike syfer vir die koste van koning Charles se kroningsgeleentheid, wat nou amptelik begin, bekend gemaak nie maar daar word beraam dat dit tot 100 miljoen pond, of 2,3 miljard Namibiese dollar, kos. Dit word nie deur die koninklike familie betaal nie maar word deur die belastingbetaler gedra omdat dit ‘n […]

Read More

Belangegroep bewerkstellig die invoer van 300 flessies teengif

Die bekende Namibiese slangkenner Francois Theart sê dat 300 flessies teengif binnekort in die land verwag word. Daar was die afgelope maande ‘n erge tekort aan teengif regoor die land, onder andere aangevuur deur uitdagings by Onderstepoort in Pretoria. Theart sê die Namibia Snakebite-belangegroep het verskeie hoëvlak vergaderings gehou in die verband en het uiteindelik […]

Read More

Zambezi is in vloed, inwoners gewaarsku

Inwoners naby die Zambezi-rivier word gewaarsku dat die vlakke van die rivier steeds styg en dat vloedwaters reeds die vloedvlaktes van Kabbe Suid en Noord bereik het. Op die oomblik sê die Namibiese Hidrologiese Diens vloei die river teen 3 094 kubieke meter per sekonde en sy vlak is net bo 5 meter gemeet. Die […]

Read More

Sudan-samesprekings begin vandag in Jeddah

Die eerste samesprekings tussen die Sudannese weermag en die paramilitêre groep, die Rapid Support Forces begin vandag in Jeddah in Saoedi-Arabië. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, sê hy verwelkom die vergadering met die hoop dat samesprekings tot ‘n einde aan die geweld in Sudan lei. Die konflik tussen die weermag en die […]

Read More

Alle oë op Kaapstad met VRK-kwarteindronde

Die geesdrif is so hoog vir vanmiddag se uiters belangrike wedstryd in die kwarteindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap tussen die Stormers en die Bulle, dat die Kaapstad-stadion die grootste skare ooit vir ‘n tuiswedstryd kan hê. Teen Vrydag is reeds heelwat meer as 40 000 kaartjies verkoop. Die stadion het plek vir 57 000 mense. […]

Read More

Heineken bring nuwe begin vir NBL

Die Nederlandse bier-reus Heineken NV, het sy verbintenis tot die lokalisering van produksie in Namibië weer beklemtoon tydens ‘n hoflikheidsbesoek aan President Hage Geingob. Die maatskappy het onlangs die Nambiese brouery aangekoop. Die voorsitter van die Ohlthaver en List-groep, Sven Thieme het onlangs aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat dit nie die einde van ‘n […]

Read More

Gordhan het 60 dae om te verseker noodsaaklike dienste het altyd krag

Die hoërhof in Pretoria het beslis dat hospitale, klinieke, skole en polisiekantore van beurtkrag vrygestel moet word. Dit kom nadat verskeie politieke partye en vakbonde ‘n aansoek gebring het om hierdie noodsaaklike instellings teen kragonderbrekings te beskerm. Die hof het Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, 60 dae gegee om die uitspraak in werking te […]

Read More

Albanese is bekommerd oor Assange se welstand

Die Australiese premier Anthony Albanese het sy frustrasie uitgespreek oor die Verenigde State se voortgesette pogings om die WikiLeaks-stigter en Australiese burger Julian Assange uit te lewer, wat die afgelope vier jaar in die hoë-sekuriteit Belmarsh-tronk in Londen is terwyl hy die saak beveg. Albanese, wat in die Verenigde Koninkryk is vir koning Charles III […]

Read More

Kroning: Ster van Suid-Afrika weer in die nuus

Koning Charles sal vandag tydens sy kroning ‘n koninklike septer vashou wat die Ster van Suid-Afrika, die wêreld se grootste helder-geslypte diamant, bevat. Die diamant, van 530 karaat, is in 1905 in Suid-Afrika ontdek. Die destydse koloniale regering het dit twee jaar later aan die Britse monargie geskenk. Internasionale nuusagentskappe berig oproepe om dit terug […]

Read More