Vyf gevonnis na diefstal van kunsskatte uit Duitse museum

‘n Duitse hof het vandag vyf mans tot etlike jare agter tralies gevonnis vir ‘n juwele-rooftog in 2019 by ‘n museum in Dresden wat een van Europa se grootste kunsversamelings huisves. Die kunsstukke wat by die inbraak by die Green Vault-museum in Dresden gesteel is, sluit meer as 4 300 diamante in met ‘n geraamde […]

Read More

Toename in malaria-gevalle in drie SA-provinsies

Die SA Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê dit het ‘n skielike toename in die getal malaria-gevalle in die afgelope ses weke regoor die land opgemerk. Dis veral in die Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal provinsies waar die toename aangeteken is met baie mense wat na die Paasvakansie positief vir die siekte getoets het. Kosmos 94.1 […]

Read More

DBN ontwikkel Waagkapitaafonds vir SME’s

Die Ontwikkelingsbank van Namibië is in die proses om ‘n Waagkapitaal-fonds te ontwikkel en te vestig, as die derde been van die nasionale finansiering-strategie vir klein- en medium-ondernemings. Die inisiatief erken die belangrikheid van dié ondernemings in die Namibiese ekonomie en poog om onder andere toegang tot befondsing en kapitaal vir SME’s te verbeter. Die […]

Read More

Spesiale Tribunaal verklaar grondhervormings-huurooreenkoms onwettig

Die Spesiale Ondersoek-eenheid in die buurland verwelkom die Spesiale Tribunaal se bevel wat die grondhervormings-huurooreenkoms tussen die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming en kultivar-beleggings onreëlmatig en onwettig verklaar. Die ooreenkoms, wat beveel is deur oud-minister Maite Nkoana-Mashabane, is voortgesit ondanks drie forensiese verslae waarin aangeraai is om dit nie te doen nie. Die woordvoerder, […]

Read More

Singapoer-premier veroordeel Rusland se geweld teen Oekraïne

Die eerste minister van Singapoer, Lee Hsien Loong sê hy het sy land se standpunt oor die konflik tussen Rusland en Oekraïne duidelik aan President Cyril Ramaphosa gestel. Hy sê Singapoer veroordeel Rusland se geweld teen Oekraïne. Loong het gepraat tydens ‘n nuuskonferensie in Kaapstad op die eerste dag van sy sesdaagse besoek aan Afrika. […]

Read More

Hongkong verwyder politieke boeke uit biblioteke

Die Hongkongse leier, John Lee sê openbare biblioteke moet toesien dat hulle nie boeke aanhou wat veiligheidswetgewing oortree nie. Hy het gereageer op kritiek op die verwydering van boeke oor die 1989 Tiananmen Plein-slagting uit openbare biblioteke. Hy sê biblioteke kan nie materiaal aanhou wat nie in Hongkong se belang is nie. Hongkong, wat in […]

Read More

Capricorn-stigting steun steeds landelike skole

Namibiese onderwys is in die moeilikheid met swak uitslae, maar die Capricorn-stigting het sy verbintenis versterk om positiewe verandering in die onderwyssektor teweeg te bring met sy voortgesette ondersteuning aan EduVision. Dit is ‘n projek wat 19 gemarginaliseerde staatskole regoor die land ondersteun, wat meer as 10 000 leerders en 350 onderwysers in landelike skole […]

Read More

Vier Namibiërs gaan oor Engelse Kanaal swem

Vier Namibiërs sal in Julie oor die Engelse Kanaal vanaf Engeland na Frankryk in ‘n aflos-formaat swem. Christopher du Plessis, wat die oudste Namibiër sal wees om oor die Engelse Kanaal te swem, sal by die Engelse Kanaalkruisings-vereniging moet registreer en streng kwalifikasie moet ondergaan. Die vier sal sonder duikpakke in koue water swem. Hulle […]

Read More

Namibië word verbruikersland van dwelms

Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie Joseph Shikongo sê dwelmmisbruik in Namibië is ‘n groeiende kommer en is verantwoordelik vir toenemende kriminele aktiwiteite wat in baie gemeenskappe plaasvind. Hy sê Namibië was altyd ‘n deurvoer-land vir onwettige dwelms, maar die land het nou verbruikersland geword wat beteken dat Namibiërs nou dwelms verbruik wat van verskillende […]

Read More

Agri-SA maan oor impak van hoë fases van beurtkrag  

Agri-SA waarsku Suid-Afrika kan langtermyn-voedselsekerheids-kwessies te wagte wees indien hoë fases van beurtkrag voortduur. Die organisasie noem ook die tekort aan vee- en bees-entstowwe, wat waarskynlik kort- tot mediumtermyn-prysstygings sal veroorsaak. Die gemiddelde koste van ‘n huishoudelike kosmandjie het reeds tot meer as 5 000 Suid-Afrikaanse rand per maand gestyg. Christo van der Rheede van […]

Read More