Konstruksiebedryf-federasie ontevrede oor Karibib-Usakos-pad-tender

Reaksie word van die Konstruksiebedryf-federasie van Namibië ontvang, na aanleiding van die nuus dat die Namibiese Pad-owerheid die vooraf-kwalifikasie-proses vir die rehabilitasie van TH 7/1-roete van Usakos na Karibib suksesvol uitgevoer het met sewe bieërs wat gekwalifiseer het. Maar al sewe is Chinese maatskappye wat hewige kritiek ontvang het. Die uitvoerende hoof van die Pad-owerheid Conrad Lutombi, het gesê dat dit ‘n voorwaarde van die kontrak is dat ‘n beduidende deel van die werk deur Namibiese kontrakteurs uitgevoer moet word. Die uitvoerende hoof van die federasie Bärbel Kirchner het haar frustrasies aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik….