Nederlandse Navorsingsraad gee N$67,7 miljoen vir teleskoop-projek by Gamsberg

Die Nederlandse Navorsingsraad het ‘n toekenning van sowat 69,7 miljoen Namibiese dollar gegee aan ‘n Nederlandse span, saam met Britse, Finse en Namibiese sterrekundiges, wat die eerste kleurfoto’s van swart gate of gravitasiekolke in die ruimte moontlik sal maak. Die sterrekundiges sal die eerste millimetergolf-radioteleskoop in Namibië bou. Dit sal deel wees van die wêreldwye Event Horizon Teleskoop-netwerk wat die eerste foto van ‘n swart gat geneem het. Die projek is ten volle befonds vir konstruksie in Namibië. Dié teleskoop sal op of naby die Gamsberg in die Khomas-Hochland gebou word en is ontwerp om met die Event Horizon Teleskoop-netwerk te kan koppel. Dr. Riaan Steenkamp, hoof van die fisika-departement van Unam, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…  

Hy het ook ‘n beroep op Namibiërs gedoen om hierdie projek te ondersteun omdat dit werksgeleenthede aan jong Namibiërs kan bied.