Oudpremier van Pakistan weer gearresteer

Lede van ‘n paramilitêre mag in Pakistan het die voormalige eerste minister, Imran Khan by die hooggeregshof in Islamabad in hegtenis geneem. Sy gesant het bevestig dat dit verband hou met ‘n saak van korrupsie. Die oud-krieketkaptein Khan is in April verlede jaar in ‘n wantrouemosie in die parlement uitgestem, onder andere oor hoë inflasie, die land se stygende skuld en dat korrupsie nie uitgeroei word nie. Daar is tans tientalle hofsake teen Khan.