Lede van stropery-sindikaat bly in aanhouding    

Die vier beskuldigdes wat van voorneme was om renoster te naby Dordabis te stroop, het vandag in die Windhoek-landdroshof verskyn. Die saak van die drie Namibiese mans en een Zambiër is tot Vrydag uitgestel om ‘n Silozi-tolk te kry. Die 44-jarige Swenyeho Sililo, die 42-jarige Eric Kalunda, 46-jarige Matongo Sambi en 57-jarige Zambiër Lutile Nyambe bly in aanhouding. Die Blue Rhino-taakmag, lede van Nampol in Windhoek, sowel as reserviste het saamgewerk om Sondag vier lede van ‘n sindikaat naby Dordabis vas te trek. Die vier, afkomstig van Katima Mulilo, is voorgekeer en twee jaggewere, ‘n klankdemper sonder ‘n registrasienommer, ‘n pistool, ammunisie, ‘n byl en messe gekonfiskeer. Beslag is ook op die voertuig gelê.