SA teiken 21 miljoen toeriste teen 2030

Die Suid-Afrikaanse minister van toerisme, Patricia de Lille, het ‘n teiken gestel om teen 2030 21 miljoen toeriste na Suid-Afrika te lok, wat getalle voor die pandemie sal oortref. Sy beplan om dit te bereik met behulp van die regering se toerisme-herstelplan, wat daarop gemik is om die land veiliger vir toeriste te maak en […]

Read More

Daures: Gebrek aan monitering van onwettige mynbou  

Die hoof-administrasiebeampte van die Daures-kiesafdeling sê ‘n gebrek aan monitering deur die ministeries van myne en energie, en omgewing en toerisme dra by tot onwettige mynbou in die gebied. Mauritius Goseb het op vrae van die parlementêre staande komitee oor natuurlike hulpbronne gereageer. Die komitee het vandag in Okombahe aangekom om beweerde onwettige mynbedrywighede in […]

Read More

Otji-sakeman onder die mes in Millpark-hospitaal

Die familie van die bekende sakeman van Otjiwarongo Theo Borstlap waarsku Namibiërs om nie vir swendelaars te val wat onwettige geld wil insamel nie. Volgens sy skoonseun Jacques Celliers word vals boodskappe op Facebook en WhatsApp versprei om geld vir Borstlap in te samel nadat hy brandwonde van 68 persent opgedoen het. Celliers het aan […]

Read More

Nuusvrou se pad met ovariële kanker

Vandag is Wêrelddag vir Ovariële Kanker. Dit is een van die dodelikste en mees mis-gediagnoseerde kankers. Meer bewusmaking moet onder vroue gedoen word sodat dié kanker gouer opgespoor word. Ronelle Rademeyer, die voormalige nuusredakteur van die Afrikaanse Namibiese dagblad Republikein het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor haar pad wat sy saam met ovariële kanker […]

Read More

Moordklagte teen Indiese eienaar van boot  

Die Indiese regering het aanklagte van moord aanhangig gemaak teen die eienaar van ‘n toeristeboot wat in die suidelike staat Kerala omgeslaan het. Minstens 22 mense is dood. Die eienaar van die boot het kort na die voorval gevlug. Tientalle mense was vasgekeer toe dié dubbeldekker-boot op ‘n rivier omgeslaan het. Daar was weens die […]

Read More

Afrikaans vier vandag amptelik sy 98ste verjaardag

Afrikaans is vandag amptelik 98 jaar oud. Die taal is op 8 Mei 1925 amptelik as taal in Suid-Afrika erken. Afrikaans word op die Afrika-vasteland ook wyd in Namibië en Botswana gepraat. Elizma Theron van Netwerk Namibië het met Kosmos 94.1 Nuus oor die jong, dinamiese taal gepraat…

Read More

AfrForum neem sterk standpunt in teen Bela-wette

AfriForum en ander organisasies het tydens openbare raadpleging in Gauteng sterk standpunt ingeneem teen die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette. Die klousules in die wetsontwerp word beskou as ‘n bedreiging vir gehalte onderwys, die besluitnemings-bevoegdhede van ouers en demokraties-verkose skool-beheerliggame. AfriForum se hoof van kultuursake, Alana Bailey, glo die wetsontwerp bedreig die toekoms van gehalte onderwys […]

Read More

Mens-dier-konflik die week onder die loep

Die Namibiese omgewingsministerie hou vanaf Woensdag tot Vrydag ‘n nasionale konferensie oor mens-dier konflik in die hoofstad. Gevalle duur voort met 1 486 gevalle wat in die 2020-2021 boekjaar aangemeld is. Tussen 2008 en 2018 is 16,4 miljoen Namibiese dollar in vergoeding uitbetaal. ‘n Nuwe nasionale beleid, vir 2018 tot 2017 is reeds gepubliseer en […]

Read More

WGO se aankondiging oor Covid verwelkom

Die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid het die aankondiging van die Wêreldgesondheids-organisasie verwelkom dat Covid-19 nie meer ‘n openbare gesondheidsnoodtoestand van internasionale belang is nie. Die departement waarsku egter die pandemie bly ‘n belangrike oorsaak van sterftes, veral onder bevolkings met ʼn hoë risiko. Volgens woordvoerder Foster Mohale is die huidige aantal gevalle laer as tydens […]

Read More

Drie sterf toe Indiese vegvliegtuig op huis val

Drie mense is dood toe ‘n vegvliegtuig van die Indiese lugmag in die dorp Bahlol Nagar op ‘n huis se dak geval het. Die vlieënier het glo tegniese probleme ondervind en die uitskietstoel geaktiveer waarna hy veilig geland het. Die vegvliegtuig, ‘n MiG-21 is nog afkomstig van die destydse Sowjet Unie-era, en staan onder die […]

Read More