Sokker: Real Madrid pak Man City vanaand

Sokker: Die halfeindronde van die Kampioeneliga begin vanaand met die eerste skof van ʼn swaargewig-botsing in Spanje tussen die verdedigende kampioen, Real Madrid, en Manchester City. City het verlede jaar in die 90ste minuut van die tweede skof van die halfeindronde 5-3 voorgeloop, maar Real het ongelooflik teruggeveg en gewen. City se bestuurder, Pep Guardiola, sê hulle is nie daar om wraak te neem nie

Die tweede halfeindstryd is môreaand in Italië met ‘n reuse-derby tussen AC Milan en Inter Milan op die San Siro.