Agbiz: Ses miljoen Suid-Afrikaners ly honger

Die hoof-ekonoom van Agbiz, Wandile Sihlobo, sê ongeveer ses miljoen Suid-Afrikaners ly honger. Dit word  toegeskryf aan die stygende voedsel-inflasiekoers. Sihlobo het gesê ondanks die verbeterde uitvoerkoers ten opsigte van waarde, kan die meeste Suid-Afrikaners nie kos op die tafel sit nie. Hy verduidelik verskeie uitdagings dra by tot die probleem, insluitend ontwrigtings in die voedsel-voorsieningsketting en hoë brandstofpryse wat vervoerkoste vir voedsel-vervaardigers en -verspreiders verhoog.