Borstlap bly onder verdowing in Millpark-hospitaal

Die gaan nie goed met bekende sakeman van Otjiwarongo, Theo Borstlap na hy met 68 persent brandwonde na die Millpark-hospitaal in Johannesburg vervoer is nie. Hy was Maandagaand in die teater, sy toestand bly kritiek en hy bly onder verdowing. Volgens sy familie is die dokters optimisties. Sy skoonseun Jacques Celliers gee die jongste in verband met Borstlap se toestand aan Kosmos 94.1 Nuus.