Nampol: 24 hangende sake teen vyf gewapende rowers voor skietdood

Die Namibiese polisie het uiteindelik ‘n amptelike verslag uitgereik oor die skietdood van vyf vermeende gewapende rowers op Okahandja op 25 April. Moordklagte is teen die polisiebeamptes aanhangig gemaak. Volgens Nampol was daar 24 hangende sake wat ernstige misdaad soos onder meer poging tot moord en gewapende rooftogte teen die vyf verdagtes insluit. Die sake […]

Read More

Privaatsektor leen meer in Maart

Kredietverlening in die privaatsektor het in Maart 2023 tot 3,9 persent op ‘n jaargrondslag toegeneem, vergeleke met 3,1 persent in Februarie. Volgens Simonis Storm was die jaarlikse kredietgroei gemiddeld 3,2 persent in die eerste kwartaal van 2023, vergeleke met 2,5 persent in dieselfde tydperk van 2022. Huishoudelike krediet het in Maart 2023 met 5,4 persent […]

Read More

Meer verdagtes in Kaapstad gearresteer

Die Stad Kaapstad se direktoraat vir veiligheid en sekuriteit sê hy het ‘n kommerwekkende toename in die getal inhegtenisnemings in die drie maande tussen Januarie tot Maart 2023 aangeteken. Die direktoraat sê hoewel die getal arrestasies toon dat wetstoepassers hard werk om misdadigers van die stad se strate af te hou, toon die statistieke egter […]

Read More

Petrolprys onveranderd in Namibië, styg in buurland

Terwyl die petrolprys in Namibië vir Mei onveranderd bly en die dieselprys daal, sal die petrolprys in die buurland styg. Die groothandelprys van diesel word om middernag in Suid-Afrika verlaag, maar petrol se prys styg met 37 sent ‘n liter, terwyl die prys van lampolie sal daal. Robert Maake van die Suid-Afrikaanse die departement van […]

Read More

Nambiese banke bekommerd oor toename in swendelary

Namibiese banke het hul reaksie gegee op TransUnion se 2023 Omnichannel-bedrogverslag wat toon dat 34 persent van Namibiese verbruikers sê dat hulle tussen September en Desember verlede jaar deur slenters geteiken is. Die verslag toon dat amper 70 persent van Namibiërs kommer het oor die oorname van hul bankrekenings, 65 persent het kommer oor identiteitsdiefstal […]

Read More

Sun Karros Lodge: Bespreek vir dagbesoeke by Daan Viljoen

Daar was klagtes op sosiale media oor die Sun Karros Daan Viljoen-oord wat gesluit is vir dagbesoekers. Bertus Struwig, besturende direkteur van Sun Karros het bevestig sedert die omgewingsministerie die nuwe parktoegangsfooie ingestel het, het die dagbesoekers-mark aansienlik gedaal. Gevolglik moes die sakemodel by Daan Viljoen Lodge aangepas word. Struwig sê dagbesoekers kan ‘n restaurant- […]

Read More

Al hoe meer sluipmoordaanvalle in SA

Die KwaZulu-Natalse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Bongiwe Sithole-Moloi, het skok uitgespreek oor die sluipmoord-poging op die speaker van die Mkhambathini plaaslike munisipaliteit. Die aanval op raadslid Thembalikho Gwala het gelei tot die dood van sy lyfwag, Samkelo Chili. Hulle het teruggekeer van ‘n gemeenskaps-vergadering. Die woordvoerder, Nonala Ndlovu, sê Sithole-Moloi doen ‘n […]

Read More

Krieket: Uganda klop Capricorn Eagles in eindstryd

Krieket: Uganda het die Capricorn Eagles in die eindstryd van die T20 vierhoekige reeks vandag met drie lopies in Windhoek gewen. Die Ugandese vroue het gekies om eerste te kolf en het 93 lopies behaal met die verlies van vyf paaltjies. Die Eagles kon net 90 lopies behaal. Stephani Nampiina van Uganda is as die […]

Read More

Pretdag met perde by Grootfontein-skougronde

Die Grootfontein Skou-vereniging bied Donderdag ‘n pretdag met perde by die Grootfontein-skougronde aan. Skou-rylesse met perde, boeresport, ‘n potjiekos-kompetisie en ‘n fliek-aand is deel van die pret vir oud en jonk. Megan Wise, die voorsitter van Grootfontein-perdeskou, gee meer inligting aan Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Namibië moet varkvleis uit EU invoer

Namibië voer varkvleis uit die Europese Unie in om sy plaaslike aanbod aan te vul, aangesien plaaslike varkvleis-produksie nie daarin slaag om aan die verbruikersvraag te voldoen nie. Gedurende die eerste kwartaal van 2023 het plaaslike produksie slegs 31,5 persent van die land se varkvleisverbruiks-vereistes uitgemaak, volgens die Vleisraad van Namibië. Die oorblywende 68,5 persent […]

Read More