Leefstyl-oudits van 34 Eskom-personeellede uitgevoer

Eskom se private ondersoeke word onder die loep geneem terwyl owerhede verantwoording vereis. Verskeie wetstoepassingsagentskappe bring die parlement se staande komitee oor openbare ekeninge op die hoogte oor bewerings van korrupsie by die kragvoorsiener. Die Spesiale Ondersoekeenheid bekyk nuwe bewerings wat voortspruit uit die verslag van die staatskapings-kommissie en ‘n proklamasie is onderweg. Die hoof van die eenheid, Andy Mothibi, sê hulle het leefstyl-oudits van 34 Eskom-personeellede uitgevoer en bewaringsbevele vir verhaling verkry.