Celtic-sokkerklub gekant teen borg van dokter

Die Bloemfontein Celtic-sokkerklub sê die gemeenskap wil nie hê die onteerde dokter Nandipha Magudumana en haar medebeskuldigdes moet borgtog kry nie. Magudumana en vyf voormalige werknemers van G4S, Senohe Matsoara, Teboho Lipholo, Buty Masemola, Tieho Makhotsa en Nastassja Jansen, het in die Bloemfonteinse landdroshof om borgtog aansoek gedoen. Hulle word daarvan aangekla dat hulle Magudumana […]

Read More

SA ekonoom gee reaksie op tuimelende rand

‘n Suid-Afrikaanse ekonoom het sy reaksie gegee op die Suid-Afrikaanse rand wat tot sy swakste vlak in drie jaar getuimel het. Die rand het meer as 30 sent teenoor die Amerikaanse dollar verloor kort nadat Amerika Suid-Afrika daarvan beskuldig het dat hy wapens en ammunisie aan Rusland verskaf het. Vrese bestaan dat die VSA ekonomiese […]

Read More

LPM wil gratis grond aan grondloses verskaf

Die leierskap van die Landless Peoples’ Movement sê hy staan steeds by sy doelwit om grond vooraf aan die grondlose burgers van Namibië toe te ken. Henny Seibeb, adjunkhoof van die LPM, sê dit is die enigste werkbare oplossing om die grondtekort en behuisingsprobleme in die land aan te spreek.  Dit is beaam deur sy […]

Read More

Stad Windhoek keur minder bouplanne in April goed

Die Stad Windhoek het in April 131 bouplanne goedgekeur, wat ‘n afname van 28,8 persent op ‘n maand-grondslag verteenwoordig van die 184 bouplanne wat in Maart goedgekeur is. Die bouplanne is gewaardeer op 173,4 miljoen Namibiese dollar, ‘n verhoging van 69,1 persent van die 102,6 miljoen dollar wat in Maart goedgekeur is. Jaar-tot-datum is 561 […]

Read More

Ramaphosa oor mandaat van elektrisiteitsminister

President Cyril Ramaphosa het uitgewei oor die mandaat van die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa. Dit kom na berigte oor spanning tussen Ramokgopa en die minister van minerale bronne, Gwede Mantashe. Mantashe sê hy het geen probleem dat die minister van elektrisiteit nuwe energie aanskaf nie, solank dit duidelik gemaak word nuwe energie is ‘n […]

Read More

Oekraïne het meer gepantserde voertuie nodig

Die President van Oekraïne Volodimir Zelenskiy sê sy land het meer tyd nodig voordat daar met ‘n verwagte teen-offensief teen Russiese magte begin kan word. Volgens Zelensky is die land se soldate gereed, maar wag die weermag nog vir noodsaaklike toerusting, insluitend bykomende gepantserde voertuie. Hy sê hy glo hulle sou suksesvol kon wees met […]

Read More

Strenger wette oor politieke party-befondsing in SA gevra

Burgerlike organisasies in die buurland vra strenger wette oor politieke party-befondsing in Suid-Afrika. My Vote Counts, die Organisasie teen Belastingmisbruik en ander groepe het in ‘n voorlegging aan die Nasionale Teen-Korrupsie-adviesraad kommer uitgespreek oor die doeltreffendheid van die Wet op die Befondsing van Politieke Partye. Hulle beveel aan dat die wet gewysig word om skenkings […]

Read More

Suid-Afrikaanse rand verswak met ‘n vaart  

Die Suid-Afrikaanse rand het vandag met ‘n vaart verder verswak verby 19 rand teen die Amerikaanse dollar. Die rand was laas so swak soos wat dit tydens die begin van die Covid-pandemie was. Die rand het vandag skerp begin verswak grootliks omdat beurtkrag versleg het. RMB sê die nuus oor Eskom en die moontlikheid van […]

Read More

Navorsing oor wildehonde onder die loep  

Die nasionale konferensie oor mens-dier-konflik van die Namibiese omgewingsministerie duur vandag in die hoofstad voort. Die konferensie het ten doel om beleide te hersien om mens-dier-konflik in die land te verminder wat die ministerie miljoene Namibiese dollar in vergoeding kos. Wildehonde is die mees bedreigde spesie onder karnivore, maar word dikwels in landelike gebiede buite […]

Read More

SA munisipaliteite diep in die skuld

Die Finansiële en Fiskale Kommissie in die buurland sê inwoners in verskeie munisipaliteite skuld hierdie boekjaar ongeveer 306 miljard Suid-Afrikaanse rand vergeleke met 265 miljard rand die vorige boekjaar. Die navorser Khutso Makau het gesê onwettige elektrisiteits-verbindings, onbehoorlike rekeningtariewe aan inwoners en foutiewe rekeninge is van die redes vir hierdie toename in munisipale skuld. Makau […]

Read More