Suid-Afrikaanse rand verswak met ‘n vaart  

Die Suid-Afrikaanse rand het vandag met ‘n vaart verder verswak verby 19 rand teen die Amerikaanse dollar. Die rand was laas so swak soos wat dit tydens die begin van die Covid-pandemie was. Die rand het vandag skerp begin verswak grootliks omdat beurtkrag versleg het. RMB sê die nuus oor Eskom en die moontlikheid van ‘n ineenstorting van die kragnetwerk het bygedra daartoe. Die rand het ook verder teen die euro en Britse pond verswak, nadat Amerika Suid-Afrika daarvan beskuldig het dat hy Rusland bewapen het deur ammunisie te verskaf aan ‘n Russiese skip wat in Desember by die Vlootbasis in Simonstad, Kaapstad, vasgemeer het