Lichtenstrasser ‘irrasioneel’ en ‘gevaar vir samelewing’

Regter Christie Liebenberg het Ernst Lichtenstrasser twee lewenslange vonnisse opgelê vir die moorde van Eckhard Mueller en Helmo Hellwig in 2019. Hy is nóg 16 jaar tronkstraf opgelê in verband met ses ander klagte. Die twee NIMT-hoofde is in April sluipmoord-styl doodgeskiet. Lichtentrasser is reeds in November verlede jaar skuldig bevind. Hy het die vonnisopleggings herhaaldelik vertraag, selfmoord gepoog, ‘n eetstaking geloods en meer. Hy het die regter gevra vir ‘n doodsvonnis of huisarres. Liebenberg het tydens die vonnisoplegging opgemerk dat Lichtenstrasser se “gewelddadige, irrasionele en onvoorspelbare gedrag” wys hy is ‘n gevaar vir die samelewing. Die vonnisse word nie gelyktydig uitgedien nie.