Oekraïne het meer gepantserde voertuie nodig

Die President van Oekraïne Volodimir Zelenskiy sê sy land het meer tyd nodig voordat daar met ‘n verwagte teen-offensief teen Russiese magte begin kan word. Volgens Zelensky is die land se soldate gereed, maar wag die weermag nog vir noodsaaklike toerusting, insluitend bykomende gepantserde voertuie. Hy sê hy glo hulle sou suksesvol kon wees met die toerusting wat hulle reeds het, maar dat dit tot onnodige lewensverlies kan lei, wat onaanvaarbaar is. Russiese magte het intussen reeds hulle verdediging versterk op die voorste linie wat oor meer as 1 400 kilometer van die oostelike streke in die Suide strek.