Celtic-sokkerklub gekant teen borg van dokter

Die Bloemfontein Celtic-sokkerklub sê die gemeenskap wil nie hê die onteerde dokter Nandipha Magudumana en haar medebeskuldigdes moet borgtog kry nie. Magudumana en vyf voormalige werknemers van G4S, Senohe Matsoara, Teboho Lipholo, Buty Masemola, Tieho Makhotsa en Nastassja Jansen, het in die Bloemfonteinse landdroshof om borgtog aansoek gedoen. Hulle word daarvan aangekla dat hulle Magudumana se minnaar, Thabo Bester, gehelp het om te ontsnap. Die klub se nasionale voorsitter, Mabena Pule, sê die beskuldigdes het hul regte verbeur om vry te wees.