Verpleërs moet selfoonligte in gange gebruik, gloeilampe werk nie

Plaaslike media berig dat verpleërs by die Nankudu Distrikshospitaal in die Kavango Wes-streek hul selfoonligte moet gebruik as hulle in die hospitaal se gange gedurende die nag beweeg. Dit is blykbaar veral gevaarlik om na die lykshuis te gaan omdat dit stikdonker is. Die rede, volgens die berigte, is omdat daar geen gloeilampe in die […]

Read More

Kunsmatige intelligensie kort regulering – OpenAI-baas

OpenAI se uitvoerende hoof, Sam Altman, doen ‘n beroep op Amerikaanse wetgewers om kunsmatige intelligensie te reguleer en sodoende die voordele te verbeter maar gevare te bekamp. OpenAI is die maatskappy agter ChatGPT. Altman het voor ‘n Amerikaanse senaatkomitee getuig. Hy sê ‘n reeks veiligheidstandaarde moet gestel en ‘n spesifieke toets geslaag word voordat kunsmatige […]

Read More

SA se graad 4-leerlinge kan nie met begrip lees nie

Die Suid-Afrikaanse onderwysersvakbond Sadou is diep ontsteld oor die onlangse statistieke wat onthul dat 81 persent van graad 4-leerlinge nie met begrip kan lees nie. Die hoofsekretaris, Mugwena Maluleke, beklemtoon die behoefte aan bykomende opleiding om onderwysers met doeltreffende onderrigmetodes toe te rus. Hy glo belegging in onderwysers-opleiding sal ‘n deurslaggewende rol speel in die […]

Read More

Mandrax, kokaïen beslagleggings styg skerp

Die Namibiese polisie het in April beslag gelê op 1 589 Mandrax-tablette en 148 kilogram dagga. Daar was ook 147 gram kokaïen, met 52 stukkies kokaïen wat ook gevind is. Die beslagleggings is meer as die wat in Maart gedoen is met byvoorbeeld net 266 Mandrax-pille wat in Maart gevind is, sowel as 108 kilogram dagga […]

Read More

Daar is geen dreigende ineenstorting van die kragnetwerk nie

Eskom se waarnemende hoof, Calib Cassim, sê hy is vol vertroue die land se kragnetwerk sal nooit totaal ineenstort nie, maar beurtkragvlakke hoër as fase ses is ‘n moontlikheid. Suid-Afrika het vanjaar elke dag gemiddeld fase vier beleef teenoor die gemiddeld van fase drie verlede jaar. Die kragverskaffer se waarnemende woordvoerder, Daphne Mokwena, sê daar […]

Read More

Afrika-leiers sal met Zelensky, Putin vergader

President Cyril Ramaphosa het aangekondig die presidente van Rusland en Oekraïne, Vladimir Putin en Volodymyr Zelensky, het ingestem het om ‘n groep Afrika-leiers te verwelkom om ‘n moontlike vredesplan te bespreek. Ramaphosa sê die lande sluit Suid-Afrika, Senegal, Uganda en Egipte in. Hy sê sy gesprekke met die twee leiers het getoon hulle is albei […]

Read More

Skeidsregters aangewys vir Rugbykampioenskap, Wêreldbeker-opwarmingswedstryde

Vyf van die skeidsregters op die paneel vir vanjaar se Wêreldbekertoernooi in Frankryk is ook aangestel vir die Rugbykampioenskap en Wêreldbeker-opwarmingswedstryde. Hulle is Jaco Peyper van Suid-Afrika, Ben O’Keefe van Nieu-Seeland, Mathieu Raynal van Frankryk, Andrew Brace van Ierland en Nika Amashukeli van Georgië. Die Springbokke speel in Julie toetse teen Australië in Pretoria, Nieu-Seeland […]

Read More

NamPower: Term ‘beurtkrag’ word misbruik

NamPower se besturende direkteur Kahenge Haulofu het vandag gesê die term ‘beurtkrag’ word misbruik in onlangse mediaberigte oor die kragvoorsiener se skuld-invorderingsplan wat verlede week deur ‘n openbare kennisgewing heringestel is. Haulofu het verduidelik dat die plan, wat die geskeduleerde afsny van elektrisiteit aan wanbetalende kliënte is, ‘n herinstelling is van ‘n skuld-invorderingsplan en skuldterugbetalings-aansporing […]

Read More

Pasiënte het nou makliker toegang tot chroniese medisyne

Die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het vanmiddag by die Katutura-staatshospitaal 19 Pelebox Smart Locker-toestelle van die Amerikaanse President se noodplan vir vigshulp, Pepfar, ontvang. Die toestelle verbeter dienslewering aan pasiënte om toegang tot chroniese medikasie te vergemaklik en word regoor die land versprei. Hierdie masjiene is gebruikersvriendelik wat dit vir pasiënte moontlik maak om hul […]

Read More

Thabo Bester-saak mag uitgesaai word

Die Bloemfonteinse landdroshof het die media toestemming gegee om die verrigtinge in Thabo Bester se saak regstreeks uit te saai. Die borgtogaansoek-verrigtinge van beskuldigde nommer een, die voormalige veiligheidswag, Senohe Matsoara, het vandag begin. Die voorsittende landdros, Motlholo Khabisi, het beveel die wysigings wat volgens die aanvanklike riglyne uitgereik is, moet in werking gestel word. […]

Read More