Kandjeke vind vermorsing van N$330 000 by geslagsministerie

Die ministerie van armoede uitwissing het volgens berigte amper 329 000 Namibiese dollar betaal vir ‘n pakhuis wat amper 11 maande leeg gestaan het. Dit het aan die lig gekom deur ‘n ouditverslag van die kantoor van die ouditeur-generaal. Die maandelikse huur was 29 900 dollar. Junias Kandjeke sê in sy verslag dat die pakhuis vir die voedselbank-program gehuur was, wat in April 2022 tot ‘n einde gekom het maar, daar was geen klousule in die kontrak vir ministerie om dit te beëindig nie.