Ramaphosa oor mandaat van elektrisiteitsminister

President Cyril Ramaphosa het uitgewei oor die mandaat van die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa. Dit kom na berigte oor spanning tussen Ramokgopa en die minister van minerale bronne, Gwede Mantashe. Mantashe sê hy het geen probleem dat die minister van elektrisiteit nuwe energie aanskaf nie, solank dit duidelik gemaak word nuwe energie is ‘n oplossing vir beurtkrag. Ramaphosa sê daar is ‘n duidelike verskil tussen elke minister se rol.