LPM wil gratis grond aan grondloses verskaf

Die leierskap van die Landless Peoples’ Movement sê hy staan steeds by sy doelwit om grond vooraf aan die grondlose burgers van Namibië toe te ken. Henny Seibeb, adjunkhoof van die LPM, sê dit is die enigste werkbare oplossing om die grondtekort en behuisingsprobleme in die land aan te spreek.  Dit is beaam deur sy leier, Bernadus Swartbooi, wat sê die begrotings-toewysing van plaaslike owerhede van die lynministerie verskil baie tussen die suidelike en noordelike dorpe, wat volgens hom onaanvaarbaar is. Swartbooi het verder die grondtoewysings-program van Stad Windhoek geloof en gesê dit het gehelp om erwe aan 30 000 jeug en lae-inkomste verdieners toe te ken.