SA munisipaliteite diep in die skuld

Die Finansiële en Fiskale Kommissie in die buurland sê inwoners in verskeie munisipaliteite skuld hierdie boekjaar ongeveer 306 miljard Suid-Afrikaanse rand vergeleke met 265 miljard rand die vorige boekjaar. Die navorser Khutso Makau het gesê onwettige elektrisiteits-verbindings, onbehoorlike rekeningtariewe aan inwoners en foutiewe rekeninge is van die redes vir hierdie toename in munisipale skuld. Makau doen ‘n beroep op munisipaliteite om hul invorderingsbeleid te verbeter om die skuld te verminder en doeltreffende dienslewering te verseker.