Navorsing oor wildehonde onder die loep  

Die nasionale konferensie oor mens-dier-konflik van die Namibiese omgewingsministerie duur vandag in die hoofstad voort. Die konferensie het ten doel om beleide te hersien om mens-dier-konflik in die land te verminder wat die ministerie miljoene Namibiese dollar in vergoeding kos. Wildehonde is die mees bedreigde spesie onder karnivore, maar word dikwels in landelike gebiede buite beskermde gebiede doodgemaak weens die kwessie. Navorser Nadja le Roux van die Kalahari African Wild Dog Conservation Trust het by die konferensie gepraat oor navorsing oor wildehonde en roofdiere in die Otjozondjupa- en Omaheke-streke.