Jongste Nuus

Jongste Nuus

Bejaardes traag vir inentings

Die sakebelange-groep Business for South Africa sê dit is bekommerd oor die groot aantal Suid-Afrikaanse pensioenarisse wat nog steeds nie vir hul Covid-inenting geregistreer het nie. Die groep së dat, tot op hede, slegs ongeveer 1,6 miljoen van die land se 5,4 miljoen pensionarisse reeds op die land se EVDS-stelsel vir hul Covid-inspuiting geregistreer het. […]

Read More

Ekstremiste weer besig in Noord-Mosambiek

Ekstremiste wat bande met die Islamitiese Staat het, het die afgelope naweek probeer om die dorpie Lumbi n die Palma-distrik in Mosambiek oor te neem. Presdident Filipe Nyusi sê die soldate kon die aanval verhoed. Volgens internasionale media is vyf militante dood.  

Read More

Ohlthaver & List stel aanlyn inkopie-platform bekend

Die Ohlthaver & List Groep het ‘n aanlyn inkopie-platform, DotDune, bekendgestel. Die portaal gee plaaslike besighede en klante die geleentheid om aanlyn inkopies by dotdune.na te doen. Plaaslike besighede en handelsmerke kry nou die geleentheid om hul produkte aanlyn te verkoop en produkte sal by gebruikers se voordeur afgelewer word. Roux-ché Locke O&L se korporatiewe […]

Read More

Job: Weg met private sekuriteitstenders

Volgens Windhoek se burgemeester, dr. Job Amupanda, bestee Stad Windhoek N$20 miljoen op private sekuriteitstenders per jaar. Hy meen dit moet deur alle plaaslike owerhede geskrap word om geld te bespaar. Amupanda meen om tenders aan private maatskappye te gee, word fondse van plaaslike owerhede vermors en dit bied geleenthede vir korrupsie. Salomo Hei, High […]

Read More

Aarde bewe by Kamanjab

‘n Aardbewing het vanoggend omstreeks half elf die aarde sowat 12 km wes van Kamanjab laat skud. Volgens die ministerie van myne en energie het die aardbewing 4,9 op die Richterskaal gemeet, maar was vlak teen slegs 15 km diep. Die aardbewing het by sewe seismiese stasies in Windhoek, Kamanjab, Opuwo, Rundu Katima Mulilo, Karibib en Aus geregistreer. ‘n Span […]

Read More