Rooies vra vergadering aan met Shikongo

Daar word berig dat oud-landdros en korrupsie-beskuldigde Walter ‘Rooies’ Mostert in die proses is om ‘n strafregtelike saak teen beamptes van die Teenkorrupsie-kommissie te maak. Hy sê die beamptes wat betrokke was met sy saak is nie as kommissarisse van ede aangestel nie en hulle aanstelling as vrederegters ingevolge spesifieke wette bevraagteken. Hy vra vir ‘n vergadering met die inspekteur-generaal van die polisie, luitenant-generaal Joseph Shikongo.